Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 19 MAART 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin vanoggend met die nuus van ‘n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat Norman Templeman, ZS6NAT, verlede Vrydag oorlede is. Hy was 'n geruime tyd siek met MS. Norman was betrokke by HAMNET en het ook by 4x4 Toyota motor wedrenne met kommunikasie gehelp. Hy laat sy vrou Loulene en 3 kinders agter. Ons betuig ons simpatie en diepste meegevoel met sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

SARL STIG FINANSIËLE WERKGROEP

SARL RF GERAASVLAK WERKSWINKEL

en

PEARS EN HAMNET OOSKAAP WEER IN AKSIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

** Die werk behels in die ontrafeling en behoorlike verslaggewing oor die Liga se finansies van die afgelope paar jare, het bewys dat dit 'n veel groter taak is as wat verwag is. Die Raad het dus 'n Finansiële Werkgroep aangestel, bestaande uit voormalige tesourier Cliff Smyth, ZS6BOX, met Corrie de Beer, ZS6CDB, en Eric Krebser, ZS6ZP, wat almal baie jare professionele finansiële ervaring het. Die werk bestaan uit twee belangrike take. Die eerste is om terugwerkend te kyk na vorige finansiële jare en 'n gesonde basis vir die finansiële verslag van 2016 te vestig. Die tweede is om advies en leiding te gee oor die toekomstige bestuur van die Liga se finansies. Dit is ons oortuiging dat die Werkgroep Liga-lede vertroue sal gee dat hul ledegeld behoorlik tot hul voordeel benut word.

** Onlangs, na aanleiding van 'n bekommernis wat deur die Suid-Afrikaanse Radioliga op die SABS TC73 vergadering gelig is, is daar ooreengekom dat die kwessie van die verhoging van die vlak van die RF geraasvloer in die strategiese sakeplan van die tegniese komitee ingesluit moet word en by die werkskedule van Werkgroep 6 ingesluit word.

Geraas in hierdie konteks dui op ongewenste radiofrekwensie (RF) energie van mensgemaakte bronne. Soos baie spektrumgebruikers, het radio amateurs berig dat die geraasvloer in die radio spektrum styg soos die aantal toestelle wat radio energie uitstraal,groei. Op soek na konkrete bewyse van 'n verhoogde geraasvloer, blyk dit dat slegs beperkte kwantitatiewe data ter ondersteuning van hierdie vermoede beskikbaar is.

Die Liga roep 'n Saterdagoggend werkswinkel op 22 April saam om 'n gekoördineerde program te ontwikkel en 'n studiegroep te vorm met die doel van die stigting van 'n moniteringstelsel om meer inligting in te win. Die groep sal ook versagtingsmetodes oorweeg om te werk te gaan met mensgemaakte geraas op die amateurradio frekwensies.

Dit sal 'n oop vergadering wees en almal wat 'n belang in die onderwerp het, word uitgenooi om by te woon. Die werkswinkel sal by die Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word.

As jy 'n spesiale belangstelling, kundigheid of ervaring in hierdie veld het, kan jy dit deel by die werkswinkel. Vir meer besonderhede, stuur 'n e-pos aan sarlregwg@sarl.org.za met jou kontak besonderhede.

** Die Eregallery bewaar die nagedagtenis van indiwidue wat 'n beduidende bydrae tot amateurradio in Suid-Afrika gelewer het. Die eerste groep Gallery-lede is in 2016 ingelyf. 'n Volgende groep van tot tien sal op die SARL-Toekenningsdinee in Mei ingelyf word. Van volgende jaar af, sal 'n maksimum van net twee nuwe lede jaarliks toegelaat word.

Opstelle wat die bydraes van die 21 genomineerdes beskryf, kan op die Eregallery-bladsy deur n skakel op die SARL-Webwerf se voorblad bereik word. Halfpad deur die stemperiode, is omtrent 340 stemme reeds van lede ontvang.

Dit is die moeite werd om die nominasies te lees, want hierdie kandidate het ons stokperdjie gevorm. Hulle sluit historiese reuse soos Dixon Bennett en Koos en Annie van der Merwe in, sowel as hedendaagse bydraers tot amateurradio.

Minder as twee weke bly oor. Stem vandag!

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Laas naweek was die Port Elizabeth Amateurradiovereniging en Hamnet Ooskaap weer in aksie. Hierdie keer het hulle kommunikasie voorsien vir die organiseerders van die Addo Olifant grondwedloop – ‘n byeenkoms wat ‘n 44 km, ‘n 76 km en ‘n uitmergelende 100 myl (160 km) roete insluit. Die roetes loop deur afgeleë en die mees asemrowende mooi dele van die park. Deelnemers moes struikelblokke soos riviere, styl opdraandes en winderige bergpieke oorkom terwyl hulle deur die nag en die warmste deel van die dag gehardloop het.

Radio amateurs het kommunikasie voorsien tussen die park se wildbewaarders, mediese personeel, kontrolepunt personeel en die wedloop organiseerders. ‘n Netwerk bestaande uit twee volledige herhalers en ‘n aantal kruisband radios was opgestel om die ruwe terrain te dek. Radio amateurs en ander vrywilligers het in die park kampeer van Vrydag tot Sondag en die kampeerders het dit terdeë geniet!

Gister, Saterdag 18 Maart, was die radio amateurs weereens betrokke by die motor tydren wat deel vorm van die Baakens Vallei Motorskou.

PEARS sal ook weer bystand verleen by die Ysterman kompetisie op 2 April.

** Daar is elke jaar twee dag- en nageweninge - in Maart en September – wanneer die son direk op die ewenaar skyn en die dag en nag amper ewe lank is. In Suid Afrika vind die herfs ewening hierdie jaar plaas op 20 Maart 2017 om 12:28 SAT.

Tydens die piek van die sonsiklus, sou hierdie die tyd gewees het wanneer die maksimum bruikbare frekwensie sou styg tot 50 MHz (6 meter) of meer. Dit sou F2 DX węreldwyd moontlik gemaak het. Die 160 meter band sou ook een of twee ure voor sonop oopmaak tot omtrent ‘n half uur na sonop vir DX na Europe en die VSA, ens. Die DX ooreenkoms tussen die 6 meter BHF band en die 160 meter MF band is ongelooflik. Probeer gerus 160 meter DX ‘n uur of so voor sonop.

** Bakennuus. Die afgelope week was baie stil op die HF-baken front en geen werklik langafstand kolle is aangemeld nie. Ses stasies is aktief en doen gereelde verslaggewing. Verlede week was Derek Middleton, ZS6DM, net besig om sy WSPR baken op die lug te sit vir 'n paar uur toe gee die finale uitset transistor in. Peter Saul, ZS1OA, in die Kaap WSPR tans op 40 en 20 m en sal 15 m spoele tot sy antenna toevoeg soos ons die winter in gaan. Stuur asseblief al jou baken verslae aan Leon Uys, ZR6LU, by 082 573 5580 om ingesluit te word in die volgende bulletin.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Vir die afgelope elf dae was daar nie 'n enkele sonvlek sigbaar nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

25 - 26 Maart – CQ WPX ESB Kompetisie
27 Maart - sluitingsdatum vir Radio ZS artikels
31 Maart – sluitingsdatum vir stemmery vir die SARL Eregallery
1 April – RaDAR Uitdaging
6 April – SARL 80 m QSO Partytjie
8 April – Herfs QRP Naelloop
18 April – Węreld Amateurradio Dag
15 April - sluitingsdatum vir RAE registrasie
22 April - SDR Werkswinkel in die Kaap en die SARL Geraasvloer Werkswinkel by die NARS

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig

Die werk behels in die ontrafeling en behoorlike verslaggewing oor die Liga se finansies van die afgelope paar jare, het bewys dat dit 'n veel groter taak is as wat verwag is. Die Raad het dus 'n Finansiële Werkgroep aangestel, bestaande uit voormalige tesourier Cliff Smyth, ZS6BOX, met Corrie de Beer, ZS6CDB, en Eric Krebser, ZS6ZP, wat almal baie jare professionele finansiële ervaring het.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003